for Kindle Fire, Apple, Android, Nook, Kobo, PC, Mac, BlackBerry ...

New to eBooks.com?

Learn more

Elke Dag 'n Vrydag

Wees gelukkig 7 dae 'n week

Elke Dag 'n Vrydag by Joel Osteen
Not available
Dink aan daardie gevoel wat jy kry wanneer jy ’n moeilike werksweek agter die rug het en die naweek uiteindelik aanbreek. Vrydag is die begin van daardie kort, spesiale tydjie wanneer jy as’t ware toestemming het om jou lewe te geniet. Maar hoekom sou God nie wou hê jy moet elke dag so voel nie? In Elke dag ’n Vrydag wys die internasionaal-bekende skrywer Joel Osteen hoe dit vir elkeen van ons moontlik is om hierdie ‘naweek-gevoel’ van tevredenheid en geluk elke dag van die week te ervaar. Om ’n voortdurende positiewe lewensuitkyk te behou ten spyte van omstandighede is ook die kerntema van Osteen se bediening. In Elke dag ’n Vrydag bied hy lesers die geleentheid om te put uit sy persoonlike ondervinding, Bybelse insig en beginsels vir ware geluk, en wys hy hoe elke dag presies dieselfde beloftes en geleenthede van blydskap inhou wat mense vyfuur op ’n Vrydagmiddag ervaar. Osteen sal lesers help om te ontdek dat dit wel moontlik is om sewe dae ’n week gelukkig te wees!
Struik Christian Media; Read online
Title: Elke Dag 'n Vrydag
Author: Joel Osteen
 
Buy, download and read Elke Dag 'n Vrydag (eBook) by Joel Osteen today!